epic kleuters logo

Ons peuter en kleuter klasse is vanaf 1 tot 5jaar oud.  Daar is ‘n klassie vir elke ouderdoms groep en ons het slegs 16 maatjies in elke klas, behalwe vir ons 1-2 jarige potjie klas waar ons slegs 12 maatjies toelaat.

Kurrikulum

Ons volg die Kleuterklas kurrikulum waar die maatjies almal leer-deur-speel en geen werkkaarte in die klas gebruik word nie.  Konkrete leer is van ontsaglike belang en so kan ons maatjies deur herhaling die nodige neurologiese breinpaadjies bou wat nodig is om slim te leer.  Deurlopende assessering vind plaas en ons het geen assesserings weke waar ons maats by die skool MOET wees nie. Ons Gr. Pre-R maatjies (4-5 jaar) het wel ‘n werk boekie met minimale werkies waar ons sien of hulle konsepte kan neerlê.

Spyskaart

Ons maats kry almal ontbytpap, ‘n versnappering in die oggend en middag en ‘n gekookte bord kos vir middagete. Ons spyskaart is twee weekliks en sluit genoeg groente in sodat ons ouers nie bekommerd hoef te wees indien hulle kinders nie in die aand wil eet nie.

Kommunikasie en aktiwiteite

Ouers word op hoogte gehou van wat by die skool gebeur deur kommunikasie boekies, WhatsApp groepe, nuusbriewe, Facebook en Instagram. Donderdae is bakkersdag waar ons maats leer dat goedere vir geld verkoop word en Vrydae is vir pret en daarom doen ons bak en brou, wys en vertel, fantasie aantrek en poppekas.  Instappies word ook so 3-4 keer ‘n jaar gereël.

WhatsApp ons
Hoe kan ons help?