
Stimulasie/kurrikulum
Ons baba klasse is vanaf geboorte tot 1 jaar oud. A.g.v die feit dat hulle soveel groei in hierdie jaar word hulle verdeel in ‘n jonger en ouer groep met twee verskillende klaskamers. Daar is ook ‘n aparte slaap klassie waar elke baba hulle eie kot kry om in te slaap.
Ons volg die baba se roetine wanneer die baba inskryf en maak hulle stelselmatig aan ons roetine gewoond soos hulle ouer word. Ons baba kurrikulum word binneshuis geskryf waar programme soos Baba-gym en Music Minds deel uitmaak van die werk wat daagliks met ons kleintjies gevolg word.
Babas bring hulle eie doeke, wet-wipes en melkies. Sodra hulle begin eet voorsien die skool vir hulle babapap, fyngedrukde groente en aartappels, yogurt, fyngedrukte vrugte en meer.
Ouers word op hoogte gehou van wat by die skool gebeur deur kommunikasie boekies, WhatsApp groepe, nuusbriewe, Facebook en Instagram.
