
Welkom
By e.p.i.c. Akademie is ons passievol oor ons roeping om n tuiste te skep vir elke kind wat aan ons toevertrou word.
Emosionele welstand is vir ons net so belankrik soos mylpale en akademiese vordering.
Elke lid van ons bekwame span is met die hand uitgekies om u kind se welstand eerste te stel.
Ons is gefokus op goeie komunikasie tussen ouer en personeel.
Babas

Ons baba klas(se) is vanaf geboorte tot 1 jaar oud. A.g.v die feit dat hulle soveel groei in hierdie jaar word hulle verdeel in ‘n jonger en ouer groep met twee verskillende klaskamers. Daar is ook ‘n aparte slaap klassie waar elke baba hulle eie kot kry om in te slaap.
Kleuters

Ons peuter en kleuter klasse is vanaf 1 tot 5 jaar oud. Daar is ‘n klassie vir elke ouderdoms groep en ons het slegs 16 maatjies in elke klas, behalwe vir ons 1-2 jarige potjie klas waar ons slegs 12 maatjies toelaat.
Naskool

Ons besef dat alle kinders graag na skool wil huis toe gaan, maar nie almal die vooreg daarvan het nie. Daarom probeer ons altyd ‘n liefdevolle, gemoedelike atmosfeer by ons naskool skep.
Fooie
Voldag (5 dae per week) R2900.00 per maand oor 12 maande
Naskool (5 dae per week) R1400.00 per maand oor 12 maande
Eenmalige NIE TERUGBETAALBARE registrasiefooi – R350.00
Jaarlikse toerusting/skryfbehoefte heffing – R1800.00
Baba – R2900.00 per maand oor 12 maande
Ure
Oop gedurende skool vakansies 06:00 – 18:00
06:00 – 18:00 Maandae to Vrydae
Sekuriteit
Aangesien ons met kinders werk, besef ons hoe ongelooflik belangring sekuriteit is.
Die skool het CCTV kameras regoor die skool en ouers is welkom om enige tyd daarna te kom loer. Met inskrywing kry ouers ook ‘n sekuriteits kaart om by die hek in te kom, indien iemand nie ‘n kaart het nie, word toegang tot die skool nie verleen nie. Indien ‘n kaart verloor word, word die kaart onmmiddelik van die sisteem verwyder en sal die kaart nie by die hek werk nie.
Ons personeel is opgelei in noodhulp en brandbestryding om enige noodgeval te kan handteer.
Soos gestipuleer in die wetgewing is alle personeel onderhewing aan polisie klaring en ‘n agtergrond ondersoek.